Reënwoudlande werk sewepuntplan uit 

Lande wat die tuiste van die wêreld se drie groot reënwoude is het ooreengekom om saam te werk om ontwouding te voorkom en biodiversiteit te beskerm. Die aankondiging het gekom op die laaste dag van die Three Basins-beraad wat deur die Kongo Republiek aangebied word, wat verskeie belanghebbendes bymekaar gebring het om die bestuur en bewaring van […]

Read More

Rugby

Rugby: Eddie Jones het bedank as hoofafrigter van die Wallabies nadat hulle die eerste keer in die geskiedenis in die groepfase van die Wêreldbeker-toernooi uitgeval het. Die voormalige hoofafrigter van Engeland het ‘n vyf-jaar-kontrak onderteken wat tot 2027 sou duur, maar  binne 10-maande bedank. Jones het aan The Australian gesê hy is nie spyt oor […]

Read More

Koperdiefstal is reuse-uitdaging aan die kus 

Meer inligting is bekend na die Erongo-polisie bevestig het dat 1,5 miljoen Namibiese dollar se koperkabels aan die kus by NamWater se infrastruktuur gesteel is. Kosmos 94.1 Nuus het met die burgemeester van Walvisbaai, Trevino Forbes gesels. Hy sê die uitdagings, veral by die dorp se pompstasies, duur voort wat op sy beurt na nuwe […]

Read More

Kenner sê oor wisselende voorspellings vir ru-olie

Daar is teenstrydige berigte oor die toekoms van die prys van ru-olie. Daar is berig dat skeepsvrag-vervoer op 16 maritieme roetes sedert die oorlog in die Midde-Ooste met 50 persent gestyg het maar, die vervoer van ru-olie het gedaal en raffinaderye se winste daal ook. Daar is sommige voorspellings dat ru-olie nie in die toekoms […]

Read More

Namport kondig vaartuigseisoen aan

Namport se 2023-vaartuigseisoen het amptelik begin met die Vasco da Gama-Nicko Cruises passasiersvaartuig wat Sondag met 396 passasiers by die hawe aangedoen het. Die 219 meter lange passasiersvaartuig wat onder die vlag van Switserland vaar, vertrek vandag na Lüderitz. Die owerheid sê hy verwag nog tien vaartuie tot en met einde Desember. Tradisioneel begin die […]

Read More

Varksektor onderpresteer steeds

Die Namibiese varksektor se uitdagings duur voort. Die jongste syfers vir die derde kwartaal van vanjaar, wat deur die Vleisraad bekend gestel is, toon dat die sektor met 4,23 persent gedaal het. Geregistreerde slagpale het 11 020 varke verwerk wat 1 060 metrieke ton aan die plaaslike mark voorsien het. Dit het aan net meer […]

Read More

Nuwe uitdagings? Wees kreatief sê kleinsake-eienaar!

Namibiërs is uiters innoverend. Met waterbeperkings in die hoofstad, het HR Carwash and Detailing CC, hulle dienste een stappie verder geneem. Die maatskappy het ‘n ten volle toegeruste bakkie met sy eie water, kragopwekker en meer, en kom direk na jou perseel om jou voertuig te was. Heini Jahs, mede-stigter van die maatskappy sê in […]

Read More

Slagsyfers vir bees vertoon uiters goed in K3

Die jongste syfers van die Namibiese Vleisraad toon dat daar in die derde kwartaal ‘n toename van 102,65 persent in bees uitvoere aangeteken is. Net meer as 6 300 metrieke ton is verwerk. Dit is as gevolg van slagsyfers wat met 52 persent gestyg het teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Die Vleisraad sê daar is […]

Read More

Met 1 000-dae veldtog is BIG weer in die voorgrond

Die Basiese Inkomste-toelaag sal Namibiese mense bystaan om die ondervoeding wat tans ervaar word, te bekamp. Dit is die mening van Rosa Namises, maatskaplike aktivis wat gereageer het op die week se herdenking van die regering, in samewerking met die gesondheidsministerie en die Verenigde Nasies, se 1 000-dae veldtog by die Epakokliniek op Gobabis. Die […]

Read More

DA sê Motshekga moet waai, sy het misluk

Die DA sê die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, moet afgedank word. Die party sê sy slaag steeds nie daarin om gehalte-onderrig aan Suid-Afrika se jeug te verskaf nie. ʼn Woordvoerder van die party, Baxolile Nodada, sê die minister se mislukking dra by tot die 3,4 miljoen jong mense wat nie werksgeleenthede, onderwys of […]

Read More