Bejaarde paartjie hul masker – en miljoene – kwyt

‘n Handelaar in gebruikte ware het sy saak teen ‘n bejaarde Franse egpaar gewen oor die wins van meer as 88 miljoen Namibiese dollar vir ‘n skaars masker uit Afrika wat hy in die egpaar se solder gevind en op ‘n veiling verkoop het. Die handelaar het hulle nagenoeg 3 000 dollar vir die masker […]

Read More

De Zorzi sê eerste honderdtal is spesiaal

Krieket: Met ‘n uitstekende boulvertoning en Tony de Zorzi se eerste Eendag Internasionale honderdtal het die Proteas Indië oortuigend met agt paaltjies geklop in die tweede eendagwedstryd op St Georgespark in Gqeberha. Nandre Burger het drie paaltjies ingeoes toe Suid-Afrika Indië vir ‘n beskeie totaal van 211 uitgehaal het, en daarna hul teiken van 212 […]

Read More

Hof sê glo oor Marshalltown-brand advokaat

Uitspraak word verwag in die aansoek dat advokaat Thulani Makhubela hom aan die ondersoek na die Marshalltown-brand in Johannesburg onttrek. Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het Makhubela aangestel om die afgetrede regter Sisi Khampepe te help met die ondersoek na die brand waarin 77 mense dood en 60 beseer is. Die Instituut vir Sosio-Ekonomiese […]

Read More

So maak mens met ou windturbines

Windturbines vir die opwekking van elektrisiteit is ‘n belangrike rolspeler in die groen-energie bedryf. Windturbine-lemme word van veselglas gemaak en het ‘n lewensduur van ongeveer 20 tot 30 jaar. Hulle word ten minste een keer tydens hul operasionele leeftyd vervang. Die lemme is nie maklik om te herwin nie, maar word toenemend gemaak van materiaal […]

Read More

Brandbestryders beseer in Simonstad-brand

Vyf brandbestryders is beseer en twee van hulle is hospitaal toe geneem te midde van pogings deur brandbestryders van die Stad Kaapstad om ‘n brand te bedwing wat gister naby Castle Rock in Simonstad uitgebreek het. Drie helikopters gooi tans waterbomme uit oor die gebied, terwyl meer as 300 brandbestryders steeds op die grond is. […]

Read More

SA groet bekende sjef Fatima Sydow

Suid-Afrika rou na die dood van die bekende Kaapstadse sjef, kookboekskrywer en TV-aanbieder, Fatima Sydow. Die beroemde koskunstenaar, wat veral vir haar Kaaps-Maleise kookkuns bekend was, veg sedert 2020 teen sagteweefsel-sarkoom wat in Julie vanjaar tot fase vier gevorder het. Sy het in Augustus deur ʼn BackaBuddy-veldtog finansiële hulp gesoek en 725-duisend-rand ingesamel. In Oktober […]

Read More

Leinster opgewonde oor RG, Nienaber-kombinasie

Rugby: Ondersteuners sien uit na die hereniging van die Wêreldbeker-wenners, RG Snyman en die voormalige Springbokafrigter Jacques Nienaber, by die Ierse reuse, Leinster. Dit volg ná die bevestiging dat die 29-jarige slot, na vele bespiegeling, besluit het om vir die 2024/2025-seisoen by die Ierse Verenigde Rugbykampioenskap-span aan te sluit. Snyman het verlede maand gesê hierdie […]

Read More

Al het SA genoeg krag moet Namibië sy teiken vir onafhanklikheid behou

Ten spyte van die nuus dat die impak van beurtkrag op die Suid-Afrikaanse ekonomie na verwagting vanaf 2025 onbenullig sal wees en daar genoegsame hernubare bronne sal wees, moet Namibië nie op sy louere rus nie. Plaaslike ekonoom Jason Kasuto, besturende vennoot van Monasa Advisory & Associates, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê […]

Read More

Kaapse IT-kontrak by onderwys laat lig die wenkbroue

ActionSA in die Wes-Kaap het kommer uitgespreek oor vermeende tender-onreëlmatighede in die provinsiale Onderwysdepartement se IT-kontrak van 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand. Hy het ook ʼn probleem met die provinsiale regering se reaksie hierop. ʼn Onafhanklike ondersoek het wesenlike onreëlmatighede in die toekenningsproses gevind wat die Staatsagentskap vir Inligtingstegnologie genoop het om aan die departement en […]

Read More

Isabel dos Santos verloor stryd teen bevriesing van bates

Die Angolese miljardêr Isabel dos Santos het vandag haar stryd verloor teen ‘n aansoek om tot 580 miljoen Britse pond, of 13,6 miljard Namibiese dollar van haar bates te bevries in ‘n regsgeding by die Londense hoërhof. Dos Santos – Afrika se eerste vroulike miljardêr, wie se pa Jose Eduardo dos Santos Angola vir 38 […]

Read More