Dubbele beseringsterugslag tref Leeus

Rugby: Twee beserings bring ‘n dubbele terugslag vir die Leeus voor hul Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting môre teen die verdedigende kampioen, Munster. Die senter, Henco van Wyk, en die heelagter, Quan Horn, is weens beserings nie beskikbaar nie. Die losskakel Jordan Hendrikse sal sy 50ste wedstryd egter as heelagter speel, met Sanele Nohamba wat op losskakel bly. Die Leeus veg vir ’n plek onder die top-agt en die skopafrigter Morné Steyn sê dis soos uitkloprugby.