Leinster opgewonde oor RG, Nienaber-kombinasie

Rugby: Ondersteuners sien uit na die hereniging van die Wêreldbeker-wenners, RG Snyman en die voormalige Springbokafrigter Jacques Nienaber, by die Ierse reuse, Leinster. Dit volg ná die bevestiging dat die 29-jarige slot, na vele bespiegeling, besluit het om vir die 2024/2025-seisoen by die Ierse Verenigde Rugbykampioenskap-span aan te sluit. Snyman het verlede maand gesê hierdie seisoen is sy laaste by die VRK-kampioene, Munster. Daar was ook sprake dat hy by die Stormers en Bath sou aansluit, maar Leinster het die saak met blykbaar ʼn multimiljoen-rand ooreenkoms beklink.