Isabel dos Santos verloor stryd teen bevriesing van bates

Die Angolese miljardêr Isabel dos Santos het vandag haar stryd verloor teen ‘n aansoek om tot 580 miljoen Britse pond, of 13,6 miljard Namibiese dollar van haar bates te bevries in ‘n regsgeding by die Londense hoërhof. Dos Santos – Afrika se eerste vroulike miljardêr, wie se pa Jose Eduardo dos Santos Angola vir 38 jaar tot 2017 regeer het – word deur die Angolese telekommunikasie-operateur Unitel gedagvaar. Unitel het verlede maand tydens ‘n verhoor die hof gevra om ‘n wêreldwye bevriesingsbevel oor Dos Santos se bates toe te staan en regter Robert Bright het vandag die bevel toegestaan.