SA groet bekende sjef Fatima Sydow

Suid-Afrika rou na die dood van die bekende Kaapstadse sjef, kookboekskrywer en TV-aanbieder, Fatima Sydow. Die beroemde koskunstenaar, wat veral vir haar Kaaps-Maleise kookkuns bekend was, veg sedert 2020 teen sagteweefsel-sarkoom wat in Julie vanjaar tot fase vier gevorder het. Sy het in Augustus deur ʼn BackaBuddy-veldtog finansiële hulp gesoek en 725-duisend-rand ingesamel. In Oktober is ʼn liefdadigheidskonsert vir haar in die Kunstekaap-teater aangebied.