Brandbestryders beseer in Simonstad-brand

Vyf brandbestryders is beseer en twee van hulle is hospitaal toe geneem te midde van pogings deur brandbestryders van die Stad Kaapstad om ‘n brand te bedwing wat gister naby Castle Rock in Simonstad uitgebreek het. Drie helikopters gooi tans waterbomme uit oor die gebied, terwyl meer as 300 brandbestryders steeds op die grond is. Die woordvoerder van die stad se brand- en reddingsdiens, Jermaine Carelse, sê net een verlate gebou het gisteraand op die terrein van die SA Vloot brandskade opgedoen.