So maak mens met ou windturbines

Windturbines vir die opwekking van elektrisiteit is ‘n belangrike rolspeler in die groen-energie bedryf. Windturbine-lemme word van veselglas gemaak en het ‘n lewensduur van ongeveer 20 tot 30 jaar. Hulle word ten minste een keer tydens hul operasionele leeftyd vervang. Die lemme is nie maklik om te herwin nie, maar word toenemend gemaak van materiaal wat reeds herwin is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Beukes, hoof van omgewing, maatskaplik en bestuur by Hyphen Energy, wat windturbines by sy kragstasie in die Suide gaan oprig. Beukes verduidelik hoe die windturbines ná hul werk-leeftyd buite werking gestel word.