Bejaarde paartjie hul masker – en miljoene – kwyt

‘n Handelaar in gebruikte ware het sy saak teen ‘n bejaarde Franse egpaar gewen oor die wins van meer as 88 miljoen Namibiese dollar vir ‘n skaars masker uit Afrika wat hy in die egpaar se solder gevind en op ‘n veiling verkoop het. Die handelaar het hulle nagenoeg 3 000 dollar vir die masker betaal. Hulle het hom egter later daarvan beskuldig dat hy hulle mislei het oor die masker se waarde. Die regter het nie saamgestem nie en gesê hulle het nooit waardering gehad vir die masker se werklike kunswaarde nie. Die skaars Ngil-masker van die Fang-stam van Gaboen is skynbaar een van slegs tien in die wêreld.