​Kunsmatige versoeter kan die ingewande ernstig beskadig, volgens nuwe studie

Kunsmatige versoeters wat in baie soorte kos gebruik word, insluitend lekkergoed, koeke, sap, jogurt en kougom, toon in ‘n laboratorium-gebaseerde studie dat dit aansienlike dermskade veroorsaak. Die nuwe studie wat in die joernaal “Frontiers in Nutrition” gepubliseer is, dui daarop dat selfs klein dosisse neotaam, ‘n vorm van aspartaam, skade aan die ingewande kan veroorsaak, wat moontlik kan lei tot inflammasie, weerstand teen insulien en selfs ernstige bloedinfeksies, volgens ‘n navorsingspan.

“Daar is nou ‘n groeiende bewustheid van die gesondheidsimpakte van versoeters soos sakkarien, sukralose en aspartaam. Ons vorige studies wys ook watse skade dit aan die wand van die ingewande kan veroorsaak en ook die skade aan die ‘goeie bakterieë’ wat in ons ingewande woon,” het dr. Havovi Chichger, senior skrywer van die studie van die Anglia Ruskin Universiteit in die VK, in ‘n persverklaring gesê.