De Zorzi sê eerste honderdtal is spesiaal

Krieket: Met ‘n uitstekende boulvertoning en Tony de Zorzi se eerste Eendag Internasionale honderdtal het die Proteas Indië oortuigend met agt paaltjies geklop in die tweede eendagwedstryd op St Georgespark in Gqeberha. Nandre Burger het drie paaltjies ingeoes toe Suid-Afrika Indië vir ‘n beskeie totaal van 211 uitgehaal het, en daarna hul teiken van 212 bereik het met nog 45 balle oor. Die beslissende wedtryd word môre in die Paarl gespeel. Die aanvangskolwer, De Zorzi, sê dit was vir hom baie spesiaal om sy eerste honderdtal aan te teken.