Kaapse IT-kontrak by onderwys laat lig die wenkbroue

ActionSA in die Wes-Kaap het kommer uitgespreek oor vermeende tender-onreëlmatighede in die provinsiale Onderwysdepartement se IT-kontrak van 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand. Hy het ook ʼn probleem met die provinsiale regering se reaksie hierop. ʼn Onafhanklike ondersoek het wesenlike onreëlmatighede in die toekenningsproses gevind wat die Staatsagentskap vir Inligtingstegnologie genoop het om aan die departement en premier Alan Winde te skryf om die tender terug te trek. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Michelle Wasserman, sê die agentskap se skrywe is met stilte begroet en Winde het slegs ontvangs daarvan erken: