DA-leier Steenhuisen daag Cyril uit tot debat

Die DA-leier, John Steenhuisen, het president Cyril Ramaphosa uitgedaag tot ‘n voorverkiesingsdebat. Dit kom ná die onthulling van die party se nuwe ekonomiese beleid in Johannesburg. Steenhuisen glo eerlike gesprekke en debatte rakende die land se ekonomie en werkskepping is noodsaaklik. Hy het vertroue uitgespreek in die DA se beleid, en die gereedheid om hierdie kwessies met Ramaphosa te bespreek.