Partye eis ook SIM-kaart verlenging

Terwyl daar oproepe van verskeie politieke partye gedoen word om die sperdatum vir die SIM-kaart registrasieproses te verleng, hou die regering voet by stuk dat die bepaalde 31 Desember-datum staan. Telecom Namibia het ook reeds te kenne gegee dat hy nie die verlenging van die proses ondersteun nie. Die partye, wat Nudo, die IPC, PDM, […]

Read More

Kragpryse moet Eskom se finansiële posisie weerspieël

Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, is bekommerd dat die staatsmaatskappy waarskynlik binne drie tot vier jaar na die Tesourie sal terugkeer vir ‘n reddingsboei as elektrisiteitstariewe nie tred hou met die koste van opwekking nie. Die Tesourie het onlangs skuldverligting van 254 miljard Suid-Afrikaanse rand aan Eskom toegestaan. Dit is onderworpe […]

Read More

Van Deventer sterk aan in Algeriese hospitaal

Die Suid-Afrikaanse paramedikus, Gerco van Deventer, sterk aan in ʼn hospitaal in Algerië nadat hy enkele dae gelede deur Al-Kaïda vrygelaat is. Die stigter van Gift of the Givers, Imtiaaz Sooliman, sê sedert Van Deventer Saterdag vrygelaat is, was daar geen aanduiding wanneer hy na Suid-Afrika terugkeer nie. Van Deventer is ses jaar gelede in […]

Read More

GRN moet kwessie van KI aanspreek

‘n Plaaslike iOS-ontwikkelaar Audrey Chanakira sê die regering moet proaktief wees met kunsmatige intelligensie, veral met ‘n wetlike raamwerk. Dit sal toelaat dat dit eties gebruik kan word en sal ook meer bewusmaking van die tegnologie bewerkstellig. Sy sê geen regering is in ‘n posisie om die verskynsel van kunsmatige intelligensie te ignoreer nie.

Read More

Bouplanne vir kommersiële eiendomme vertoon power

Drie kommersiële en industriële bouplanne is in November in Windhoek goedgekeur. IJG Sekuriteite sê die waarde van die planne is 3,9 miljoen Namibiese dollar. Die makelaarsfirma se ontleding toon dat bouplanne in die kategorie sedert Januarie op 51 staan ter waarde van 325,3 miljoen dollar. Dit is 5,6 persent laer vergeleke met 2022. IJG sê […]

Read More

Spanne in KZN ontplooi na reuse-storm

Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal sê sy rampbestuurspanne het vinnig ingespring om hulp aan inwoners te verleen. Dit volg nadat ‘n vernietigende donderstorm Maandagnag groot skade in en om Dundee aangerig het. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Siboniso Mngadi, sê die storm het nagenoeg 45 minute geduur en ‘n man […]

Read More

Belangrik dat Rooi See-roete beveilig word

Die Verenigde State het die bekendstelling van ‘n multinasionale mag aangekondig om handel in die Rooi See te beskerm nadat aanvalle deur Jemen se Houthi-rebelle minstens ‘n dosyn skeepsrederye gedwing het om bedrywighede op te skort. Die Amerikaanse minister van verdediging, Lloyd Austin, sê dat Bahrein, Kanada, Frankryk, Italië, die Seychelle en die Verenigde Koninkryk […]

Read More

Amerikaanse skrywer skend Tolkien-kopiereg

Die skrywer van ʼn ongemagtigde opvolg op Lord Of The Rings is opdrag gegee om alle fisiese en elektroniese kopieë te vernietig en meer as 2,3 miljoen Namibiese dollar aan regskoste te betaal. Die skrywer van die oorspronklike boeke, JRR Tolkien, se boedel het die Amerikaanse skrywer Demetrious Polychron vir kopiereg-skending gedagvaar. Polychron het vroeër […]

Read More

Nog sensuspersoneel kla oor betalings

Plaaslike berigte lui dat 55 inligtingstegnologie spesialiste wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap aangestel is, vies is oor vertragings in betalings wat reeds teen 30 November gemaak moes gewees het. Die groep is vir die sensus aangestel en hulle kontrakte is verleng tot 13 November. Die groep sê hulle is toe belowe hulle sal op 5 […]

Read More

Tweede veediefstalsaak aangemeld

Nog ‘n saak van veediefstal is deur die polisie aangemeld, die keer ook Dinsdag, maar op Hochfeld naby Okahandja. Die mag sê 14 skaap en twee bokke is gesteel, doodgemaak en hulle binnegoed verwyder. Die diere is naby die plaashuis gesteel en die karkasse net buite die stuk grond aangehou. Drie veediewe is gespoor tot […]

Read More