Statebonddag vanoggend in hoofstad herdenk - March 10, 2025

Dit is vandag Statebonddag, ‘n jaarlikse herdenking van die Statebond van Nasies. Daar is 56 lande binne die Statebond, wat saamwerk vir voorspoed, demokrasie en vrede. Statebondsdag word deur 2,5 miljard mense in Statebondlande regoor die wêreld gevier. Die tema vir 2025 is “Saam floreer ons”. By die herdenking in die Parlementstuine vanoggend het die […]

Read More

Huldeblyke stroom in vir ontslape Fugard - March 10, 2025

Die Markteater-stigting beskryf die bekroonde Suid-Afrikaanse dramaturg, akteur en regisseur, Athol Fugard, as ʼn reus wat die land se draaiboekskrywery wêreldwyd bekend gemaak het. Die 92-jarige Fugard is na ʼn lang siekbed by sy huis in Stellenbosch dood. Die Oos-Kaapse skrywer se werk sluit in Blood Knot, Tsotsi en The Island. Die Sentrum vir Kreatiewe […]

Read More

Sirië se al Sharaa sê geweld was verwag - March 10, 2025

Sirië se tussentydse president, Ahmad al-Sharaa, vra nasionale eenheid ná dodelike skermutselings tussen veiligheidsmagte en soldate wat lojaal is aan oudpresident Bashar al-Assad se regime. Meer as ʼn duisend mense, insluitend 745 burgerlikes, is die afgelope dae dood wat een van die hoogste sterftesyfers sedert 2011 in Sirië is. Die land se presidensie het aangekondig […]

Read More

Arteta sê sy span het kanse verbrou - March 10, 2025

Arsenal het weer punte verloor na hul gelykopstryd van een elk teen Manchester United. Mikel Arteta se span het nou 15 punte minder as die Premierliga-voorloper, Liverpool. United se kaptein, Bruno Fernandes, se vryskop is uitgekanselleer deur Declan Rice se doel in die 74ste minuut. Liverpool het in hul laaste nege wedstryde ʼn maksimum 16 […]

Read More

Shifeta sê sandmyn beleid moet afgedwing word - March 10, 2025

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta sê daar is ‘n behoefte om beleid af te dwing om sandmyne, maar ook afvalbestuur voldoende te reguleer. Sandmyne het ‘n toenemende probleem geword, veral tussen 2015 en 2020, en veral in die noordelike dele van die land. Die bedryf ontgin van sand by strande en duine, rivierbeddings, en algemene gebiede […]

Read More

Giwusa sê McKenzie moet onmiddellik afgedank word - March 10, 2025

Die vakbond vir algemene nywerhede, Giwusa, eis die onmiddellike afdanking van die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, oor ‘n poste-advertensie deur sy departement. Die advertensie sluit glo Afrika-kandidate uit en prioritiseer wit, bruin en Indiese werkers. Die president van Giwusa Mametlwe Sebei veroordeel dit as diskriminerende en ‘n skending van indiensnemingsbillikheidswette. Hy […]

Read More

Duterte sê hy’s gereed om deur ICC gearresteer te word - March 10, 2025

Die voormalige Filippynse president Rodrigo Duterte het in Hongkong gesê hy is gereed vir moontlike arrestasie te midde van berigte dat die Internasionale Strafhof gereed is om ‘n lasbrief uit te reik oor sy jare lange “oorlog teen dwelms” wat duisende gedood. Die “oorlog teen dwelms” was die veldtogbeleid wat Duterte in 2016 aan die […]

Read More

Skot Hill vat Jhb Ope na intense uitspeelstryd - March 10, 2025

Calum Hill van Skotland het met ‘n agt onder baansyfer eindronde van 62 as oorwinnaar ná ‘n driehoekige uitspeelstryd die Joburg Ope by die Houghton Gholfklub gewen. Hill en Suid-Afrika se Jacques Kruyswijk en Shaun Norris het baansyfer op die eerste uitspeelputjie behaal. Norris het sy tweede skoot in die water laat beland, Hill het […]

Read More

HyIron se produksie begin binnekort - March 10, 2025

Oor ongeveer twee weke sal die HyIron-Oshivela-projek begin om groenyster op industriële skaal te vervaardig. Die projekbestuurder Johannes Michels het ‘n opdatering gegee oor die vordering op die terrein naby Arandis, en onthul dat groot installasies byna voltooi is. Die span berei nou voor vir die eerste produksie van direk-verminderde ystererts. Die ontwikkeling is ‘n […]

Read More

Man, 52, vas vir verkragting van gestremde meisie, 9 - March 10, 2025

‘n 52-jarige man is in Okadhiya dorpie in die Oshikoto-streek gearresteer nadat hy na bewering ‘n verstandelik gestremde slagoffer in haar slaapkamer verkrag het. Haar ouderdom is onbekend. Volgens die polisie het die man die kamer waar sy met ‘n nege-jarige seun geslaap het binnegegaan en intiem met haar verkeer. Die seun het die slagoffer […]

Read More