Al het SA genoeg krag moet Namibië sy teiken vir onafhanklikheid behou

Ten spyte van die nuus dat die impak van beurtkrag op die Suid-Afrikaanse ekonomie na verwagting vanaf 2025 onbenullig sal wees en daar genoegsame hernubare bronne sal wees, moet Namibië nie op sy louere rus nie. Plaaslike ekonoom Jason Kasuto, besturende vennoot van Monasa Advisory & Associates, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die teiken moet wees dat Namibië sy eie elektrisiteit genereer, al is daar genoeg om vanuit Suid-Afrika in te voer.