Covid gevalle tans op 1 515

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 140 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek het 36, Rehoboth 15, Otjiwarongo 13, Tsumeb 12, en Swakopmund 11. Die res is landwyd versprei. Daar is steeds 1 515 aktiewe gevalle, met 44 525 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 46 655. […]

Read More

Inbraak by kantore van Zondo-kommissie

Die Suid-Afrikaanse polisie is besig met ‘n ondersoek nadat daar gisteraand by die kantore van die Zondo-kommissie in Parktown, Johannesburg ingebreek is. Volgens die kommissie se Woordvoerder Mbuyiselo Stemela is skootrekenaars gesteel. Amptenare van die kommissie probeer nou vastel of enige dokumente ook gesteel is.

Read More

Korrupsie-klag teen Cyril gelê

Die Suid-Afrikaanse Presidensie het bewerings van korrupsie teen President Cyril Ramaphosa ontken. Dit volg na ‘n berig in die media oor korrupsie-aanklagte teen Ramaphosa, wat glo by die Sandton-polisiekantoor ingedien is. Volgens die berig hou die aanklag verband met ‘n twyfelagtige tender wat die Vrystaatse Departement van Onderwys glo aan die president se voormalige maatskappy […]

Read More

Hospitaal-brand wek groot kommer

Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê die verskriklike brand in die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg het die gesondheidsdienste in Gauteng ‘n geweldige knou toegedien. Die DA het die heldhaftige pogings geprys om byna sewehonderd pasiënte na ander instellings oor te plaas. Die party vermoed egter dat sekere spesialisdienste baie langer ontwrig gaan word. […]

Read More

McKenzie wen weer vir Chiefs

Die Chiefs se losskakel Damian McKenzie het vir die tweede week in ‘n ry ‘n oorwinning vir sy span verseker met ‘n strafdoel in die doodsnikke van hul ontmoeting met die Crusaders in Hamilton, Nieu-Seeland. Die telling was 26-25 in die Chiefs se vierde agtereenvolgende sege in die Super Rugby Aotearoa-reeks. Die Crusaders is steeds […]

Read More

ANC-faksie sê Ace moet bly!

Lede van die radikale ekonomiese transformasie-faksie in Suid-Afrika wil volgens berigte klagte teen soveel moontlik ANC-leiers by polisiekantore in die buurland indien om choas te skep oor die besluit dat die Sekretaris-Generaal van die ANC Ace Magashule sy posisie moet ontruim oor beweerde korrupsieklagte teen hom. Magashule het 30 dae tyd om dit te doen, […]

Read More

Covid-infeksies styg vinniger – WGO

Die sterfgevalle wêreldwyd asgevolg van Covid-19 het die 3 miljoen kerf verbygesteek volgens statistiek van die Johns Hopkins Universiteit. Meer as 141 miljoen mense het dit reeds onderlede gehad of, het dit nog. Dit volg nadat die Hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie Terdros Adhanom Ghbreyesus gewaarsku het dat die wêreld die hoogste infeksiesyfers tot dusver nader. […]

Read More

NBC-baas: staak as julle wil, geld word afgetrek

Berigte lui dat die NBC se Direkteur-Generaal Stanley Similo werknemers van die uitsaaikorporasie gewaarsku het dat sou hulle hierdie week staak, dit van hulle vergoeding afgetrek sal word. Die personeel het Vrydag die bestuur 48 uur tyd gegee om aan hulle eise te voldoen. Volgens Similo sal die konsep van ‘geen werk, geen betaling’ toegepas […]

Read More

Lekker Formule 1 vandag

Die sewemalige Formule Een-kampioen, Lewis Hamilton, spring vanmiddag in die eerste plek weg in die Emilia Romagna-Grand Prix op die Imola-baan in Italië. Dit sal die 99ste keer in sy loopbaan wees dat hy in die voorste posisie in ‘n Grand Prix wegspring. Sergio Perez van die Red Bull-span het tweede gekwalifiseer en is langs […]

Read More

S-Afrikaner was in konfrontasie met Hawaii-polisie, toe geskiet

Die polisie in Hawaii het beeldmateriaal vrygestel van die lyfkameras van die polisie wat betrokke was by die skietdood van die Suid-Afikaner, Lindani Sanele Myeni in Honululu. Die 29-jarige voormalige KZN-rugbyster is in ‘n konfrontasie met die polise dood nadat hulle ‘n oproep oor ‘n inbraak opgevolg het. In die beeldmateriaal kan gesien word hoe […]

Read More