Sunak belowe Tories sal Britte se harte wen

Die Britse premier Rishi Sunak sê hy kan vordering maak met kiesers voor ‘n algemene verkiesing ná die Konserwatiewes se swak vertoning in die plaaslike verkiesing. Nadat die finale stemme getel is, het die Tories beheer verloor oor tien rade en meer as 470 raadsetels. Sunak sê die land het nie meer politiekery nodig nie, eerder optrede. Hy sê die party sal saamstaan om aan die Britse kiesers te bewys die party werk vir hulle.