Cele geensins gepla oor gebrekkige SAPD nie

Die DA sê sedert Bheki Cele polisieminister is, het die polisiediens minder personeel as vyf jaar gelede, die speurdiens is in ʼn gemors en onopgeloste sake word daagliks in die doofpot gestop. Die minister het in reaksie op ʼn vraag in die Parlement gesê volgens die nasionale gemiddeld het 10111-oproepsentrums tans 41,3-persent minder personeel as wat ideaal sou wees. Andrew Whitfield van die DA sê dit wys Cele is geensins gepla oor die gebrek aan personeel en hulpbronne vir hierdie noodsaaklike openbare diens nie: