Dwelms, stropery weer, steeds, op misdaadverslag

Die Karasburg-polisie sê ‘n 42-jarige man sal vandag in die hof op die dorp verskyn na hy vroegoggend, omstreeks half-ses by ‘n padblokkade gevang is met elandvleispakkies in sy motor sonder die nodige permitte. Die insident het na aan plaas Udabest in die gebied voorgekom. Die polisie sê sy ondersoek duur voort.  Op Mariental het die polisie Vrydagaand by ‘n groot vulstasie op die dorp beslag gelê op skunk-dagga en Mandrax ter waarde van 58 360 Namibiese dollar. Die polisie sê nie hoe die operasie uitgevoer is nie maar, die 36-jarige Namibiese man is gevang met 303 Mandrax-pille en 440 gram dagga.