Hospitaal-brand wek groot kommer

Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê die verskriklike brand in die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg het die gesondheidsdienste in Gauteng ‘n geweldige knou toegedien. Die DA het die heldhaftige pogings geprys om byna sewehonderd pasiënte na ander instellings oor te plaas. Die party vermoed egter dat sekere spesialisdienste baie langer ontwrig gaan word. Jack Bloom van die DA sê kankerpasiënte gaan die meeste daaronder ly aangesien die onkologie-afdeling naby die parkeerterrein is wat ineengestort het: