Madonna sing vir 1,6m op Copacabana

‘n Gratis Madonna-konsert op Brasilië se bekende Copacabana-strand is deur sowat 1,6-miljoen aanhangers bygewoon. Die vertoning was die laaste stop op die 65-jarige se Celebration Tour, van 80 vertonings regdeur Europa en Noord-Amerika. Madonna het vir meer as twee uur liedjies soos Like a Prayer, Vogue en Express Yourself gesing. Die Brasiliaanse popkunstenaars Anitta en Pabllo Vittar, asook jonger musikante van samba-skole in Rio de Janeiro, het by die konsert opgetree.