Lekker Formule 1 vandag

Die sewemalige Formule Een-kampioen, Lewis Hamilton, spring vanmiddag in die eerste plek weg in die Emilia Romagna-Grand Prix op die Imola-baan in Italië. Dit sal die 99ste keer in sy loopbaan wees dat hy in die voorste posisie in ‘n Grand Prix wegspring. Sergio Perez van die Red Bull-span het tweede gekwalifiseer en is langs die Mercedes in die voorste ry. Max Verstappen wat verlede maand in Bahrein tweede na Hamilton gekom het, spring derde weg in die ander Red Bull-motor. Daar was minder as een-tiende van ‘n sekonde tussen die drie voorste kwalifiserende jaers.