S-Afrikaner was in konfrontasie met Hawaii-polisie, toe geskiet

Die polisie in Hawaii het beeldmateriaal vrygestel van die lyfkameras van die polisie wat betrokke was by die skietdood van die Suid-Afikaner, Lindani Sanele Myeni in Honululu. Die 29-jarige voormalige KZN-rugbyster is in ‘n konfrontasie met die polise dood nadat hulle ‘n oproep oor ‘n inbraak opgevolg het. In die beeldmateriaal kan gesien word hoe ‘n angstige vrou wys na waar Myeni in sy motor sit. Die polisiebeamptes beveel hom om op die grond te gaan lê. ‘n Gestoei ontstaan en skote word gevuur. Myeni is met ‘n skietwond na die hospitaal gehaas waar hy later dood is.