McKenzie wen weer vir Chiefs

Die Chiefs se losskakel Damian McKenzie het vir die tweede week in ‘n ry ‘n oorwinning vir sy span verseker met ‘n strafdoel in die doodsnikke van hul ontmoeting met die Crusaders in Hamilton, Nieu-Seeland. Die telling was 26-25 in die Chiefs se vierde agtereenvolgende sege in die Super Rugby Aotearoa-reeks. Die Crusaders is steeds bo-aan die punteleer met 23 punte na sewe wedstryde. Die Chiefs is nou in die twee plek met 16 punte ná ses wedstryde, en het die Blues en Highlanders verbygesteek.