Covid-infeksies styg vinniger – WGO

Die sterfgevalle wêreldwyd asgevolg van Covid-19 het die 3 miljoen kerf verbygesteek volgens statistiek van die Johns Hopkins Universiteit. Meer as 141 miljoen mense het dit reeds onderlede gehad of, het dit nog. Dit volg nadat die Hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie Terdros Adhanom Ghbreyesus gewaarsku het dat die wêreld die hoogste infeksiesyfers tot dusver nader. Indië alleen het gister meer as 230 000 nuwe gevalle bevestig.