Hof sal in Junie sê oor Air Namibia pakkette

Voormalige Air Namibia-werknemers sukkel ná drie-en-‘n-half jaar steeds om hul finale uitbetalings te kry nadat die maatskappy in 2021 gelikwideer is. Die groep het die hof in April verlede jaar genader om die likwidateurs te dwing om hul skeidingspakkette te betaal. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met Renier Bougaard, die woordvoerder van die groep, wat sê die hofsaak is na 12 Junie verskuif.