Inbraak by kantore van Zondo-kommissie

Die Suid-Afrikaanse polisie is besig met ‘n ondersoek nadat daar gisteraand by die kantore van die Zondo-kommissie in Parktown, Johannesburg ingebreek is. Volgens die kommissie se Woordvoerder Mbuyiselo Stemela is skootrekenaars gesteel. Amptenare van die kommissie probeer nou vastel of enige dokumente ook gesteel is.