NBC-baas: staak as julle wil, geld word afgetrek

Berigte lui dat die NBC se Direkteur-Generaal Stanley Similo werknemers van die uitsaaikorporasie gewaarsku het dat sou hulle hierdie week staak, dit van hulle vergoeding afgetrek sal word. Die personeel het Vrydag die bestuur 48 uur tyd gegee om aan hulle eise te voldoen. Volgens Similo sal die konsep van ‘geen werk, geen betaling’ toegepas word en dat dit voordele ook insluit. Werknemers is sedert vroeg vanjaar haaks met die korporasie se bestuur en eis salaris verhogings, sowel as verhogings wat terugwerkend moet wees maar die bestuur, sowel as die raad het die werkers en die betrokke vakbonde reeds ingelig dat daar geen befondsing is om salarisse te verhoog nie.