Korrupsie-klag teen Cyril gelê

Die Suid-Afrikaanse Presidensie het bewerings van korrupsie teen President Cyril Ramaphosa ontken. Dit volg na ‘n berig in die media oor korrupsie-aanklagte teen Ramaphosa, wat glo by die Sandton-polisiekantoor ingedien is. Volgens die berig hou die aanklag verband met ‘n twyfelagtige tender wat die Vrystaatse Departement van Onderwys glo aan die president se voormalige maatskappy vir die bou van ‘n skool toegeken het..