Covid gevalle tans op 1 515

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 140 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek het 36, Rehoboth 15, Otjiwarongo 13, Tsumeb 12, en Swakopmund 11. Die res is landwyd versprei. Daar is steeds 1 515 aktiewe gevalle, met 44 525 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 46 655. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 604.