Afrika-perdesiekte in Wes-Kaap bevestig

Vyf vermeende gevalle van Afrika-perdesiekte is op ‘n plaas in die omgewing van die Cederberg Plaaslike Munisipaliteit aangemeld. Die Wes-Kaapse Provinsiale Veeartsenykundige Laboratorium het bevestig dat monsters van ‘n onlangse vrekte positief vir die virus getoets het. ‘n Voorlopige uitbreekbeheerde gebied is opgestel. Dit strek tot by die Noord-Kaapse grens. Geen perde, donkies of sebras […]

Read More

LPM lei raadslede op

Die Grondlose Mense Beweging is op die oomblik besig met ‘n opleidingskursus vir sy raadslede in ‘n poging om die bestuur van plaaslike owerhede te verbeter en versterk. Die werkswinkel, wat in Mariental gehou word, het reeds Donderdag begin en loop Sondag tot ‘n einde. Die party sê die opleiding lê klem op ‘n fokus […]

Read More

Namibië lei in hernubare energie

Internasionale kenners sê Afrika se armoede is die prys wat vir klimaatsverandering betaal word. Chris Yelland, ‘n Energiekenner in die buurland, sê Namibië is ‘n leier op die gebied van hernubare energie en meer bekostigbare persele kan weens die lae bevolking opgerig word om krag op te wek

Read More

Bokser vas vir klagte van aanranding

Die Namibiese Olimpiese bokser Jonas Junias Jonas is aan die kus in hegtenis geneem op klagte dat hy ‘n polisie beampte aangerand het nadat hy na bewering Covid-regulasies oortree het. Die beampte is volgens berigte na Windhoek verplaas met ernstige beserings maar hy is stabiel. Die Erongo Streek Bevelvoerder Kommisaris Andreas Nelumbu sê geweld teenoor […]

Read More

Huismark vertoon beter

Die FNB Huisprys-indeks toon dat die mark ‘n stadige herstel toon en het in 2020 ‘n groei van 3,5 persent getoon teenoor -4,7 persent wat in 2019 gemeet is. Frans Uusiku, FNB se Mark Navorsingsbestuurder het die besonderhede….

Read More

Philip se Landy trek aandag

‘n 86-jarige motor wat eens aan Prins Philip behoort het, is tans die middelpunt in ‘n museum in Sri Lanka. Die Hertog van Edinburgh het dié 1935 Standard Nine vir ongeveer 240 Namibiese doller gekoop toe hy in 1940 in Colombo saam met die Britse vloot daar gesetel was. Die prins het later ‘n motorliefhebber […]

Read More

Robbeneiland sal moet afdank

Die Robbeneiland Museum sê hy beplan om die salarisse van sy werknemers met 50 persent te sny oor wat hy ‘n wagtende krisistydperk noem. Die museum se finansies is onder geweldige druk te midde van die voortgesette Covid-19 pandemie en die bestuur sê hy het geen ander keuse nie. Die museum se Woordvoerder, Siphuxolo Mazwi, […]

Read More

Nog nie seker of Joost se broer onskuldig is of nie

Die Pretoriase polisie ondersoek steeds of die broer van die ontslape rugby-legende Joost van der Westhuizen wettig opgetree het toe hy twee vermeende rowers in ‘n kerk doodgeskiet het. Pieter van der Westhuizen se prokureur, Ulrich Roux, het aan media gesê speurders wag nog op ballistiese en lykskouings-verslae. Van der Westhuizen het in Julie verlede […]

Read More

Jongste oor Covid in die land

Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het die jongste in verband met Covid in die hoofstad bekend gemaak. Daar is 145 nuwe bevestigde gevalle.

Read More

Toerisme gesels…

Die Federasie vir Namibiese Toerisme-verenigings, bekend as Fenata, het sy toerisme-dialoog gehou. Die bedryf gaan die afgelope tyd gebuk onder erge uitdagings weens die pandemie en die krimpende ekonomie. Nrupesh Soni, die Stigter van Namibiese Reis- en Toerisme-forum was daar…

Read More