Unesco staan persvryheid herdenking by

Namibië herdenk Wêreld Persvryheid-dag en die Windhoek Deklarasie tussen 29 April en 3 Mei. Dit is ‘n belangrike mylpaal vir die land omdat dit die 30ste herdenking is van die deklarasie, wat persvryheid op die vasteland vervat. Verskeie borge het aan boord gekom met Unesco wat die beeldsending moontlik maak. Unesco se verteenwordiger in Namibië […]

Read More

Ekonomiese vryheid is belangrikste – Malema

Vryheidsdag is vandag in Suid-Afrika herdenk en Julius Malema van die EFF het ondersteuners in Nelson Mandelabaai toegespreek. Malema sê daar is geen vryheid sonder ekonomiese vryheid nie en het ondersteuners van sy party daaraan herinner om aan te hou om druk te plaas vir beter lewenstandaarde…

Read More

Te min geld vir howe, dienslewering – Dausab

Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab sê daar is nie genoeg geld om howe en ander fasiliteite op te knap en in stand te hou nie. Haar begroting vir die afdeling is 17,2 miljoen Namibiese doller. Sy het bygevoeg dat daar geen geld is om verdere personeel, wat broodnodig is, aan te stel nie […]

Read More

Tucna ondersteun Swartbooi, Seibeb

Die Sekretaris-Generaal van die Vakbond Kongres van Namibië Mahongora Kavihuha, sê die gedrag van die leiers van die Grondlose Mense Beweging, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb is nodig om korrupsie bloot te lê. Swartbooi en Seibeb is tans gewikkel in ‘n hofgeding om weer toegang tot die Nasionale Vergadering te verkry. Mahongora sê die LPM […]

Read More

‘SSC’ vorder skuld in

Die Maatskaplike Voorsorgkommissie het skuldinvorderaars aangestel en ‘n kontrak is vir 2 jaar onderteken. Redforce Debt Management sal uitstaande betalings vir kraamverlof, siekverlof, doodsvoordele en meer invorder. Die Senior Bestuurder vir Kommunikasie en Bemarking by die fonds Unomengi Kauapirura…

Read More

So lyk Covid-gevalle vandag

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het 70 nuwe gevalle van Covid-19 uit 622 toetsuitslae bevestig. Windhoek het 36 met Hardap op 14, Karas met 8, Otjozondjupa met 5 en 4 gevalle in Erongo. Daar is 6 onderwysers, 4 leerders en 6 gevangenes van Lüderitz in die groep. ‘n Totaal van 98 pasiënte het herstel en […]

Read More

‘Ons staak tot ons kry wat ons toekom’

Die werknemers by die NBC is vasberade om aan te hou staak tot daar voldoen word aan hulle eise. Ihana Mbaha, ‘n werknemer by die korporasie en skakel tussen die betrokke vakband Napwu en die NBC se werknemers het ook aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle nie die huidige bestuur en raad vertrou nie.

Read More

Vertragings in handboeke is verskaffer se fout

Die Namibiese Minister van Onderwys Anna Nghipondoka sê die vertraging in die voorsiening van srkyfbehoeftes en handboeke is nie as gevolg van ‘n tekort aan fondse nie, maar dat verskaffers nog nie afgelewer het nie. Ouers is gevra om skole in die tussentyd by te staan. Nghipondoka sê talle van die skole wat sy reeds […]

Read More

Alles in plek vir herdenking van Windhoek Deklarasie

Die 30ste herdenking van die Windhoek Deklarasie word op 3 Mei herdenk. Die deklarasie handel oor persvryheid en die belangrikheid van ‘n onafhanklike media in demokratiese stelsels. Wêreld Persvryheid-dag word ook op 3 Mei herdenk. Daar is verskeie geleenthede wat aangebied word vanaf Donderdag en die Minister van Inligting Peya Mushelenga sê alles is in […]

Read More

Bewustheid van leiers krities in bekamping van geslagsgeweld

Viviane de Koe, ‘n raadslid van die Nasionale Jeugraad sê leiers moet bewus wees van geslagsvooroordele, problematiese denkwyses en skadelike norme wat bydra tot geslagsgeweld in die land. Sy het die 14de Nasionale Jeugdag en –week vandag van stapel gestuur. Leiers wat bewus is van die uitdagings sal gesprekke in die regte rigting dryf en […]

Read More