Ongos Valley kom met sy eie mediese bystand

Die nuwe Ongos Valley-ontwikkeling aan die weste van die hoofstad, is redelik afgeleë en dus, sal mediese dienste ‘n geruime tyd neem om daar te kom, sou daar ‘n noodgeval voorkom. Maar, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Die ontwikkelaar het kragte saamgesnoer met Osh-Med, soos Francois Lottering verduidelik.

Read More

Strategiese plan vir verkiesings vandag van stapel gestuur

Die Namibiese Verkiesingskommissie het vandag sy strategiese plan, wat tot 2027 in werking sal wees, bekend gestel. Die plan word as uiters belangrik geag omdat daar presidensiële en parlementêre verkiesings in 2024 gehou word en dan in 2025, word plaaslike owerhede verkies. Lina Ndengu, die kommissie se woordvoerder, sê die plan sal verkiesings in Namibië, […]

Read More

Nuwe uitvoerende direkteur vir landbou

Ndiyakupi Nghituwamata is as uitvoerende direkteur in die ministerie van landbou aangestel. Sy neem sedert Desember 2021 in daardie pos waar, ná die aftrede van Percy Misika. Sy is op ‘n vyfjaarkontrak deur premier Saara Kuugongelwa-Amadhila, op aanbeveling van die Staatsdienskommissie, aangestel. 

Read More

Kaapstad presteer weer, die keer vir finansiële volhoubaarheid

Die Stad Kaapstad tel deurgaans onder die top-presterende munisipaliteite in Suid-Afrika. Ratings Afrika se jaarlikse verslag oor die Munisipale Finansiële Volhoubaarheidsaanwyser is vrygestel en die stad se burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Siseko Mbandezi, sê die stad is die enigste metro wat nog as finansieel bestendig beskou word. Sy telling vir verlede jaar was 67, met die […]

Read More

Oos-Kaap-tragedie: Kinders wat drink in die soeklig

Die Suid-Afrikaanse ACDP-party se Jeugstigting versoek ‘n nasionale gesprek oor jongmense se toegang tot drank en die ouderdomsbeperking op die gebruik daarvan. Die stigting het sy innige meegevoel uitgespreek teenoor die gesinne van jongmense wat by ‘n taverne in Oos-Londen in die Oos-Kaap gesterf het. Die stigting vra dat die regering ouers sowel as onderwysers […]

Read More

Julie-brandstofprys na verwagting die week aangekondig

Namibiërs sal na verwagting teen die einde van die week die brandstofprys vir Julie hoor wanneer die ministerie van myne en energie die aankondiging maak. Die brandstofprys styg normaalweg teen middernag, die eerste Woensdag van die volgende maand. Ekonome meen daar kan ‘n geringe verhoging kom. Die prys van Brent ru-olie het in die afgelope sewe dae met net […]

Read More

Oos-Kaapse taverne verloor sy dranklisensie

Die Oos-Kaapse Drankraad het die lisensie van ‘n taverne in Oos-Londen herroep nadat 21 mense Sondagoggend vroeg in ‘n stormloop dood is. Die meeste van die slagoffers was tieners. Die raad se woordvoerder, Pumlani Fani, sê strafregtelike klagtes sal ook teen die eienaar gelê word weens die oortreding van die provinsiale Drankwet vir die verkoop van alkohol […]

Read More

Guterres vra om verskoning vir die toestand van die wêreld se oseane

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het aan die wêreld se jongmense om verskoning gevra omdat sy generasie nie die wêreld so oseane beskerm het nie. Die VN se Oseane-konferensie het vandag in Lissabon, Portugal begin en duur tot Vrydag. Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila woon dit ook saam met ‘n afvaardiging […]

Read More

Pivac sê sy span moet geestelike vir die Bok-skrum voorberei

Wallis se hoofafrigter, Wayne Pivac, glo die span se geestelike ingesteldheid sal tot die uiterste beproef word in die reeks van drie toetse teen die Springbokke, met die eerste wedstryd Saterdag in Pretoria. Hy sê ten spyte van onsekerheid oor hoe die toer gaan afloop, moet die Walliese spelers die geleentheid aangryp om as spelers […]

Read More

Batohi moet stappe neem in verband met staatskaping

ActionSA het bevestig beleidspanne het begin om Suid-Afrika se beleidversameling vir 2024 op te stel. Die beleid sal poog om te kyk na regsmeganismes om die instelling van ‘n Spesiale Tribunaal in te sluit. ActionSA se nasionale woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê dit sal die uitsluitlike doel hê om sake van korrupsie wat nie ondersoek is […]

Read More