Guterres vra om verskoning vir die toestand van die wêreld se oseane

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het aan die wêreld se jongmense om verskoning gevra omdat sy generasie nie die wêreld so oseane beskerm het nie. Die VN se Oseane-konferensie het vandag in Lissabon, Portugal begin en duur tot Vrydag. Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila woon dit ook saam met ‘n afvaardiging by. Guterres sê die konferensie word aangebied op ‘n tydstip waar die wêreld baie van die diepgewortelde probleme in gemeenskappe wil takel en dat jongmense die oplossings het.