Strategiese plan vir verkiesings vandag van stapel gestuur

Die Namibiese Verkiesingskommissie het vandag sy strategiese plan, wat tot 2027 in werking sal wees, bekend gestel. Die plan word as uiters belangrik geag omdat daar presidensiële en parlementêre verkiesings in 2024 gehou word en dan in 2025, word plaaslike owerhede verkies. Lina Ndengu, die kommissie se woordvoerder, sê die plan sal verkiesings in Namibië, sowel as die uitslae deursigtig en nog meer betroubaar maak.