Kaapstad presteer weer, die keer vir finansiële volhoubaarheid

Die Stad Kaapstad tel deurgaans onder die top-presterende munisipaliteite in Suid-Afrika. Ratings Afrika se jaarlikse verslag oor die Munisipale Finansiële Volhoubaarheidsaanwyser is vrygestel en die stad se burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Siseko Mbandezi, sê die stad is die enigste metro wat nog as finansieel bestendig beskou word. Sy telling vir verlede jaar was 67, met die stad wat aansienlik beter gevaar het as die res van die metro’s: