Namibië het 8 118 vlugtelinge van 17 lande

Namibië het tans altesaam 8 118 asielsoekers en vlugtelinge, het die adjunkminister van immigrasie, Daniel Kashikola, onthul. Kashikola het vandag tydens Wêreld Vlugtelingedag by die Osire-vlugtelingkamp gesê dat hierdie syfer onaktiewe gevalle van 17 lande insluit, naamlik van Bangladesj, Burundi, Kameroen, Tsjad, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Ethiopië, die Republiek van die Kongo, die Demokratiese Republiek van […]

Read More

Tsumeb ondersteun gemeenskap deur straatmarkte

Die Tsumeb-munisipaliteit het ‘n gebrek aan aktiwiteite in die dorp se strate opgemerk en het nou ‘n straatmark-inisiatief ingestel in ‘n poging om straatbesighede en klante terug te bring. Tsumeb gaan voort met sy straatmark-inisiatief deur samewerking met klein en medium besighede, die jeug, besighede en boere in en om die Tsumeb-gebied te bevorder. Dit […]

Read More

SA vervoerministers loof arrestasie van agt buitelanders op OR Tambo

Die Suid-Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê die vinnige inhegtenisneming van die agt mense wat probeer het om die land onwettig by die OR Tambo Internasionale Lughawe binne te kom, wys die doeltreffendheid van veiligheidsmaatreëls by grensposte. Die agt immigrante, afkomstig van Bangladesj en Pakistan, is in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om […]

Read More

Desert Dash: Inskrywings vir vier-persoon-span sluit vandag

Inskrywings vir die vier-persoon-span vir die Nedbank Desert Dash open vandag en daar is slegs plek vir 100 inskrywings. Daar is minder as 200 dae oor voor die moordende bergfietswedrend oor 393 kilometer vanjaar op 9 Desember plaasvind. Bergfietsryers spring op Vrydag 9 Desember in Windhoek weg en eindig op 10 Desember by die eindstreep […]

Read More

Man op Swakopmund doodgeskiet

‘n Skietvoorval het vanmiddag oorkant Spar in die Ocean View-woonbuurt op Swakopmund plaasgevind. Die skietery het na bewering uit ‘n voertuig plaasgevind en ‘n man is doodgeskiet. Die skieters het weggejaag. Die polisie is op die toneel. Inspekteur Ileni Shapumba van Nampol in die Erongo-streek het die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.

Read More

Vermeende wildstroper in Bwabwata gewond

Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta het vandag tydens ‘n mediakonferensie in die hoofstad gesê nog ‘n vermeende stroper is in die Mahango-gebied in die Bwabwata Nasionale gewond en in hegtenis geneem. Parkpersoneel wat op patrollie was, het ‘n hinderlaag gelê nadat hulle ‘n vars karkas van ‘n kameelperd in ‘n draadstrik en biltong wat hang, […]

Read More

HAN: Toerismesektor is besig om goed te herstel

Die Namibiese Gasvryheidsvereniging is positief oor die herstel en groei van die toerismesektor vanjaar. Volgens die vereniging was kamerbesettingsyfer in Mei 39,4 persent, vergeleke met die 36,5 persent in die vorige maand en 25,1 persent in Mei 2021. Altesaam 94,6 persent toeriste het kom vakansie het, 2,8 persent het vir sake gekom en 2,6 persent […]

Read More

NAMSACCO môre op Oshakati

Die Namibië Staatsdiens Spaar- en Kredietkoöperasie, oftewel NAMSACCO, is gestig om die hoë en oormatige skuld onder Namibiese staatsamptenare te takel. NAMSACCO is deur staatsamptenare gestig en die organisasie word deur lede besit en beheer word. Die kantoor van die eerste minister was aan die voorpunt om die stigting van NAMSACCO by te staan. Die […]

Read More

Deense tennispeler: Federer het hom al slegter gedra

Tennis: Die Deense speler Holger Rune glo hy het genoeg tyd om sy beeld te verbeter. Hy sê as ‘n jong man het Roger Federer hom 40-keer slegter gedra as wat hy nou doen. Die 19-jarige het die hoogste plek op die ranglys van sy loopbaan ingeneem op nommer 28 nadat hy die kwarteindstryd van […]

Read More

Hoof van teenstropingseenheid onmiddellik na Etosha ontplooi

Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, het vandag aangekondig dat afgetrede kommissaris Ndahangwapo Kashihakumwa, hoof van die teenstropinngseenheid met onmiddellike effek na die Etosha Nasionale Park herontplooi word ná 11 swartrenosterkarkasse verlede week in die noordweste van die park ontdek is. Shifeta het ook bevestig dat ‘n gesamentlike eenheid teen stropery daarin geslaag om twee verdagtes […]

Read More