Pivac sê sy span moet geestelike vir die Bok-skrum voorberei

Wallis se hoofafrigter, Wayne Pivac, glo die span se geestelike ingesteldheid sal tot die uiterste beproef word in die reeks van drie toetse teen die Springbokke, met die eerste wedstryd Saterdag in Pretoria. Hy sê ten spyte van onsekerheid oor hoe die toer gaan afloop, moet die Walliese spelers die geleentheid aangryp om as spelers wasdom te bereik terwyl hulle teen die wêreldkampioene speel. Pivac beskou veral die Bokke se skrum as die beste in die wêreld: