Oos-Kaapse taverne verloor sy dranklisensie

Die Oos-Kaapse Drankraad het die lisensie van ‘n taverne in Oos-Londen herroep nadat 21 mense Sondagoggend vroeg in ‘n stormloop dood is. Die meeste van die slagoffers was tieners. Die raad se woordvoerder, Pumlani Fani, sê strafregtelike klagtes sal ook teen die eienaar gelê word weens die oortreding van die provinsiale Drankwet vir die verkoop van alkohol aan persone onder die ouderdom van 18. Die raad doen ’n beroep op die publiek om drankafsetpunte wat nie aan die wet voldoen nie, aan te meld.