Enoch moet R1,50 verlaging in heffings hou vir beter brandstofprys

Die Suid-Afrikaanse organisasie teen belastingmisbruik, OUTA, doen ‘n beroep op die finansminister, Enoch Godongwana, om die verligting van 1 Suid-Afrikaanse rand en 50 sent by die brandstofheffing voort te sit. Die land staar volgende maand nog ‘n skerp brandstofstyging in die gesig. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenhage, sê die verligting in die brandstofheffing het […]

Read More

Nampol sê oor Gawanas-aangeleentheid

Adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het meer inligting bekend gemaak oor die arrestasie van die Windhoek-burgemeester Sade Gawanas. Sy sê lede van die mag se misdaadvoorkomingsforum het in Okahandja-park gepatrolleer toe hulle drie mense, ‘n vrou en twee mans op die pad gevind het. Die bestuurder van die polisievoertuig het na bewering getoeter maar hulle het nie […]

Read More

Inenting teen longsiekte skop af in Ohangwena

Die landbouministerie sê hy het reeds begin met inenting in die Ohangwena-streek nadat longsiekte onder bees in die Ondobe-kiesafdeling bevestig is. Ongeveer 71 diere het die siekte, wat hoogs aansteeklik is en vroeër in die Kavango-streke voorgekom het, opgedoen. Jona Musheko, skakelbeampte van die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Vrae oor miljoene wat onreëlmatig in Gauteng bestee is

Nes in Namibië, het plaaslike owerhede in Suid-Afrika ook groot uitdagings met onreëlmatige besteding. Die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng het oor ʼn tydperk van 36 maande meer as 200 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan diensverskaffers bestee. Daar is ook bewerings dat sommige van hierdie maatskappye deur lede van die ANC besit word. Die DA stel voor dat […]

Read More

46 vermeende migrante dood in vragmotor in Texas aangetref

Amerikaanse owerhede het Maandag 46 vermeende migrante dood in ‘n vragmotor sleepwa in San Antonio, Texas, aangetref. Sestien ander, wat vier kinders insluit is na die hospitaal afgevoer. Volgens die hoof van die San Antonio polisiedepartement, William McManus, is drie verdagtes in hegtenis geneem. Hy het beklemtoon dat die ondersoek oorhandig is aan federale owerhede […]

Read More

Rehoboth-burgemeester reis op eie onkoste op soek na beleggings

Die burgemeester van Rehoboth, Enrico Junias, het op eie onkoste na Turkye gereis in ‘n poging om beleggings vir die dorp te bekom. Junias sê Rehoboth staar baie uitdagings in die gesig en beleggings is broodnodig.

Read More

Slaggate kry Fikile se aandag…

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula sê ‘n regerings-projek om slaggate regoor die land te herstel begin reeds resultate toon. Hy die Noordwes-provinsie besoek om te peil hoeveel vordering daar gemaak is. Mbalula sê die projek sal vanaf volgende maand na ander provinsies uitgerol word. Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent Fritz Platt het meer.

Read More

Katolieke priester tronk toe vir dood van man met albinisme

’n Hof in Malawi het vandag ’n Katolieke priester tot 30 jaar en verskeie ander mense tot lewenslange tronkstraf gevonnis oor die grusame moord in 2018 op ’n man met albinisme. Regter Dorothy Kamanga sê Thomas Muhosha, wat ‘n gemeente in Machinga, 100 kilometer noordoos van Blantyre gelei het, het die vertroue wat baie in hom […]

Read More

Byna 700 Amerikaanse vlugte vandag gekanselleer

Lugrederye het vroeg vanoggend byna 700 vlugte in die Verenigde State gekanselleer, eenvoudig omdat hulle sukkel om tred te hou met ‘n toename in somerreisaanvraag met erge tekorte aan personeel wat wissel van vlieëniers tot bemanningslede. Byna 860 vlugte is Sondag gekanselleer. In Europa word onlangse lughawe-ontwrigtings geblameer op ‘n tekort aan werknemers na die […]

Read More

Nictus-groep brei verder uit

Die langverwagte Glasfit het uiteindelik sy opwagting in Namibië gemaak. Die maatskappy, met meer as 30 jaar ervaring in voertuig-glas, sal op 1 Julie amptelik open by Windhoek se Trentyre-tak in Dieselstraat. Glasfit is die nuutste toevoeging tot die Nictus-groep. Phillipus Tromp, die groep se besturende direkteur is aan die woord.

Read More