Verdagte in LGBT-moord deur Nampol gesoek

Die Namibiese polisie het verdagtes in die gru-moord van Christoph Frederick geïdentifiseer. Die mag sê hy is opsoek na die 18-jarige Namwandi Elias Silvanus Nandomba. Nog ‘n 18-jarige Namibiër is reeds gearrester in die verband, en Nandomba is soek. Die liggaam van die 30-jarige Frederick, ‘n lid van die LGBT-gemeenskap, is Donderdag in Otjomuise naby die Chairman Mao Zedong-skool gevind. Sy liggaam was geskend met privaatdele wat afgesny is en op sy bors geplaas is. Lede van die LGBT-gemeenskap sê dit is die sesde moord van ‘n lid van hulle gemeenskap sedert die parlement die privaatlid-wetsontwerp van Jerry Ekandjo, begin bespreek het.