Oos-Kaap-tragedie: Kinders wat drink in die soeklig

Die Suid-Afrikaanse ACDP-party se Jeugstigting versoek ‘n nasionale gesprek oor jongmense se toegang tot drank en die ouderdomsbeperking op die gebruik daarvan. Die stigting het sy innige meegevoel uitgespreek teenoor die gesinne van jongmense wat by ‘n taverne in Oos-Londen in die Oos-Kaap gesterf het. Die stigting vra dat die regering ouers sowel as onderwysers se mag om kinders te dissiplineer moet herstel. Die stigting hoop ook die eienaar van die taverne sal aanspreeklik gehou word vir die verlies van jong lewens en die volle mag van die gereg in die gesig staar.