Nuwe uitvoerende direkteur vir landbou

Ndiyakupi Nghituwamata is as uitvoerende direkteur in die ministerie van landbou aangestel. Sy neem sedert Desember 2021 in daardie pos waar, ná die aftrede van Percy Misika. Sy is op ‘n vyfjaarkontrak deur premier Saara Kuugongelwa-Amadhila, op aanbeveling van die Staatsdienskommissie, aangestel.