Sam Khubis Dinsdag herdenk

Lede van die Rehoboth Baster-gemeenskap sal op Dinsdag, 7 Mei die slag van Sam Khubis by Rehoboth herdenk. Die geskiedkundige veldslag het op 8 Mei 1915 plaasgevind toe Duitse koloniale magte die Baster-mense, wat na hul laaste vesting van Sam Khubis gevlug het, aangeval het. Kosmos 94.1 Nuus het met Manfred Draghoender, een van die reëlingskomiteelede, oor die vieringe gesels.