Ongos Valley kom met sy eie mediese bystand

Die nuwe Ongos Valley-ontwikkeling aan die weste van die hoofstad, is redelik afgeleë en dus, sal mediese dienste ‘n geruime tyd neem om daar te kom, sou daar ‘n noodgeval voorkom. Maar, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Die ontwikkelaar het kragte saamgesnoer met Osh-Med, soos Francois Lottering verduidelik.