Julie-brandstofprys na verwagting die week aangekondig

Namibiërs sal na verwagting teen die einde van die week die brandstofprys vir Julie hoor wanneer die ministerie van myne en energie die aankondiging maak. Die brandstofprys styg normaalweg teen middernag, die eerste Woensdag van die volgende maand. Ekonome meen daar kan ‘n geringe verhoging kom. Die prys van Brent ru-olie het in die afgelope sewe dae met net minder as 5,5 persent gedaal en oor die afgelope 30 dae, met 2,5 persent gedaal. Maar, die Amerikaanse dollar was baie sterker gedurende die maand, al het die geldeenheid in die afgelope week effe teruggesak. In Suid-Afrika is voorspellings baie meer negatief met tot amper 2 Suid-Afrikaanse rand per liter wat vir Julie voorspel word, en kenners wat meen die buurland se brandstof prys kan tot 40 rand ‘n liter vanjaar behaal.