Geingob woon Katar Ekonomiese Forum by

President Hage Geingob is in Doha, waar hy met die Emir van Katar, Tamim bin Hamad Al Thani samesprekings sal voer tydens die tweede Katar Ekonomiese Forum wat vandag begin en tot Woensdag duur. Volgens die forum is daar baie groot uitdagings om ‘n volle globale ekonomiese herstel te bewerkstellig en as dit verkeerd bestuur word, kan dit ‘n wig dryf tussen die Ooste en Weste. Die forum sê hy is strategies in die Midde-Ooste geleë en hy maak gebruik van Katar se vermoë om Asië met Afrika en verder te verbind, sowel as sy posisie as ‘n belangrike globale diplomatieke spilpunt, en ‘n leier in LNG-energietegnologie.