Voedselverlies na-oes beloop 1,3 miljard ton

Die Suid-Afrikaanse Landbounavorsingsraad sê na-oes-voedselverliese hou ‘n ernstige bedreiging in vir voedselsekerheid, veral in Afrika. Ongeveer 1,3 miljard ton kos wat vir menslike gebruik geproduseer is, gaan jaarliks wêreldwyd verlore nadat dit geoes is. Die navorser Manoshi Mothapo sê 50 persent van mango’s, piesangs, lemoene en papajas wat kleinboere in Limpopo verbou, gaan tans verlore nadat dit geoes is. Mothapo sê ook die verlies aan tamaties in KwaZulu-Natal word op 76,6 persent geraam. Sy sê vrugte en groente bereik nie verbruikers nie weens gehalte wat verlaag en hoeveelheid wat verminder.