Mededingingskommissie sê oor ooreenkomste

Die Namibiese Mededingingskommissie het bevestig dat hy ‘n voorlopige bevinding gemaak het dat verskeie korttermynversekeringsmaatskappye eksklusiewe ooreenkomste met verskeie voorruitkleinhandelaars aangegaan het. Die kommissie het beklemtoon dat sy bevindinge voorlopig is en dat geen finale besluit geneem is nie. Samesprekings sal binnekort gehou word. Dina Gowases, die kommissie se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.